As jy op soek is na 'n rustige en veilige omgewing om tuis te kom, is hierdie netjiese 2-slaapkamer tuinwoonstel die ideale keuse. Met sy privaat ingang, ruim leefareas en privaat tuin bied hierdie woning die perfekte kombinasie van gerief, privaatheid en ontspanning.
Eiendomskenmerke:
• 2 Slaapkamers
• Ruim oopplan-kombuis en sitkamer
• Dubbeldeure vanuit die sitkamer en hoofslaapkamer na die privaat tuin
• Badkamer met Jacuzzi-bad en wasbak
• Afsonderlike toilet
• Privaat tuin en patio
• Eie ingang en privaat erf
• 1 Skadunet-motorafdak agter 'n geslote hek
• Tuindienste ingesluit
• Sekuriteitskameras op die erf
• Prepaid elektrisiteit
• Water en sanitasie word maandeliks gehef
• Geen troeteldiere
• Geen rokers
Hierdie is die ideale woning vir iemand wat 'n rustige, veilige en privaat leefstyl in die gewilde Wierdapark soek, met maklike toegang tot winkels, skole en hoofroetes.
Kontak ons vandag om 'n besigtiging te reël!